Koolhidrate en vet

Die twee voedselsoorte wat die meeste ter sprake is in die Ketogeniese (Keto – Banting – LCHF) leefstyl, is koolhidrate en vet. Die derde voedselsoort, naamlik proteïene kom outomaties by en in die meeste van gevalle eet ‘n persoon nie noodwendig meer proteïene as voorheen wanneer hy oorskakel na Keto nie.

Maar koolhidrate en vet, dis waarop ‘n mens moet konsentreer.

Koolhidrate – Daar moet jy konsentreer om nie meer as 50 gram per dag in te neem nie, maar eintlik 25 gram maksimum, veral as jy gewig wil verloor. Minimum koolhidrate. Verkieslik kosse van die groen lys en in beperkte hoeveelhede van die oranje lys.

Vet – Die groot uitdaging lê daarin om jou vetverbruik te VERHOOG. Soveel as wat jy kan. Let wel, verhoog. Ook as jy gewig wil verloor.

Want wanneer jy vet eet en koolhidrate verminder, begin jou liggaam ketose afskei, eerder as insulien. En dit is presies wat jy wil hê, want insulien STOOR vet, en ketose VERBRAND vet. Deur dus in ketose te gaan word jy ‘n verbrander van vet in plaas van suiker.

Wanneer jy ‘n hoë vet dieet volg, bly jy baie langer versadig en eet jy op die ou end baie minder. Koolhidrate vra van jou dat jy aanmekaar eet, maar nie vet nie. Dus, as jy gewig wil verloor – EET MEER VET! EET BAIE MINDER KOOLHIDRATE. Die een of die ander, ongelukkig nie albei nie. (Jy kan nie jou brood aan albei kante botter deur steeds baie koolhidrate saam met baie vet te eet nie.)

En voor jy begin gril – Jy hoef nie hompe vet te eet nie! Geensins nie! Eet wel vetryke kosse. Vervang jou maer hoenderborsie met ‘n heerlike dytjie of boudjie. Vervang jou maer beesvleis deur ‘n geurige stuk met ‘n stukkie vet aan. Los die laevet maalvleis net daar op die rak en koop gewone maalvleis wat baie geuriger, gesonder en goedkoper is. Dubbelroomjoghurt in plaas van laevet. Dieselfde met roomkaas, maaskaas, mayonnaise … altyd die volvet of dubbelvetkeuse. Vermy die laevetprodukte ten alle koste. Gewoonlik is by laevetprodukte nog ‘n spul suiker ook gevoeg om smaak te gee. Room in plaas van melk. Botter in plaas van groente-olies.

Dis maklik! Dis heerlik! En dis my grootste uitdaging om kos soveel as moontlik te laai met vet. Gesonde dierevette. Snaaks, ‘n eier in botter gebak is glad nie so vetterig soos wanneer dit in olie gebak is nie.

Waag dit! Jy sal nie spyt wees nie. Onthou net om met jou dokter hieroor te gesels.

Toortsie

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees. 

Skrywer: Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Flashlight whose light shines everywhere, even on places where it is not so comfortable.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Spring weg
%d bloggers like this: